X

Wat ons bied

INDIVIDUELE OEFENPROGRAM

Na afloop van die konsultasie word ‘n individuele oefenprogram, wat fokus op elke individu se behoeftes en fiksheidsvlakke, opgestel. Alle oefensessies vind onder toesig plaas en individue word deurentyd gemonitor.

Tipe sessies:

Ortopediese rehabilitasie
Oefenvoorskrifte vir individue wat aan kroniese siektetoestande ly
Sportspesifieke rehabilitasie
Water oefensessies
Neurale rehabilitasie
Groepsessies is beskikbaar

Aanvanklike evaluerings bestaan uit een of meer
van die volgende:

Loop analise
Postuuranalise
Submaksimale VO2 toetsings
Spierkrag en –uithouvermoë toetsings
Hemodinamika
Toetsing van glukose en cholesterol
Liggaamsamestelling

This post is also available in: Engels